Do schools kill creativity? | Sir Ken Robinson



Translator: Ingrid Lezar
Reviewer: Christo Crafford Goeie môre. Hoe gaan dit? (Gelag) Dis fantasties sover, of hoe? Die hele ding het my stomgeslaan. Eintlik is ek op pad. (Gelag) Daar was drie temas sover, deur die konferensie,
wat betrekking het op my praatjie. Een is die ongelooflike bewyse
van menslike kreatiwiteit in al die aanbiedings en in al die mense hier. Net die blote verskeidenheid
en omvang daarvan. Tweedens is ons op ’n plek waar ons geen idee het
wat gaan gebeur nie, ten opsigte van die toekoms. Geen idee hoe dinge dalk sal verloop nie. Ek't ’n belang by opvoedkunde. Eintlik het ons almal
’n belang by opvoedkunde. Het julle nie? Dis baie interessant. As jy by ’n ete is, en jy sê jy werk in opvoedkunde — eintlik, om die waarheid te sê,
is jy nie gereeld by etes nie. (Gelag) As jy in opvoedkunde werk,
word jy nie genooi nie. (Gelag) En jy word nooit teruggenooi nie,
snaaks genoeg. Dis vir my vreemd. Maar as jy is, en iemand vra: "Wat doen jy vir ’n lewe?" en jy sê jy werk in opvoedkunde, sien jy hoe hulle verbleek. Hulle's soos: "Aggenee, hoekom ek?" (Gelag) "My een aand uit hierdie hele week." (Gelag) Maar as jy iemand vra oor hulle opvoeding,
druk hulle jou in ’n hoek vas. Want dis een van daai dinge
wat mense na aan die hart lê, is ek reg? Soos geloof, en geld en ander dinge. Ek't ’n groot belang by opvoedkunde
en ek dink ons almal het — ’n groot persoonlike belang — deels omdat dit opvoeding is wat ons in hierdie
onbegryplike toekoms moet in neem. Dink net,
kinders wat dié jaar skool begin tree af in 2065. Niemand het ’n idee — ten spyte van al die kennis
wat die laaste vier dae hier vertoon is — hoe die wêreld gaan lyk
oor vyf jaar nie. En tog moet ons
hulle daarvoor opvoed. So die onvoorspelbaarheid
is ongelooflik. En die derde deel is dat ons almal nietemin saamgestem het oor die werklik buitengewone kapasiteite
wat kinders het — hulle kapasiteite vir innovasie. Sirena gisteraand was ongelooflik. Net om te sien wat sy kan doen. En sy's uitsonderlik, maar ek dink nie sy's uitsonderlik
in die geheel van kindwees nie. Sy's ’n buitengewoon toegewyde persoon wat ’n talent gevind het. Ek voer aan dat alle kinders
geweldige talente het. En ons vermors dit, nogal meedoënloos. So ek wil praat oor opvoedkunde en ek wil praat oor kreatiwiteit. Kreatiwiteit is nou net so belangrik
soos geletterheid in opvoeding en ons moet dit dieselfde status toeken. (Applous) Dankie. (Applous) Dit was dit, terloops. Baie dankie. (Gelag) So, nog 15 minute. (Gelag) Wel, ek is gebore… nee. (Gelag) Ek't onlangs ’n storie gehoor —
ek vertel dit graag — van ’n dogtertjie in ’n tekenklas. Sy was ses, agter in die klas,
aan't teken, en die juffrou het gesê
dié kind het omtrent nooit aandag gegee nie, maar in dié tekenklas het sy. Die juffrou was gefassineerd. Sy't haar gaan vra:
"Wat teken jy?" Die kind sê toe:
"Ek teken ’n prentjie van God." En die juffrou sê:
"Maar niemand weet hoe God lyk nie." En die dogtertjie sê toe:
"Hulle sal nou-nou." (Gelag) Toe my seun vier was in Engeland — eintlik was hy eerlikwaar oral vier. (Gelag) Strenggesproke, waarookal hy gegaan het,
was hy vier daai jaar. Hy was in die Kersspel.
Onthou julle die storie? (Gelag) Dit was ’n grote. Mel Gibson het die opvolg gedoen. (Gelag) "Kersspel II." James was Josef;
ons was in ons noppies. Een van die hoofrolle! Ons't agente met T-hemde gehad: "James Robinson IS Josef!" (Gelag) Hy moes niks sê nie,
maar julle weet mos, wanneer die drie wyse manne inkom? Hulle bring goud,
wierook [frankincense] en mirre. Dit het rêrig gebeur. Ek dink hulle't net uit beurt uit gegaan, want ons't die seuntjie later gevra: "Was jy OK daarmee?" En hy't gesê:
"Ja. Was dit dan verkeerd?" Hulle't net geruil. Die drie seuns kom in — vierjariges met vatdoeke om hulle koppe — en hulle sit die bokse neer, en die eerste een sê:
"Ek bring vir U goud." Die tweede een sê:
"Ek bring vir U mirre." En die derde een sê:
"Frank sent this." (Gelag) (Gelag) Dit alles om te sê:
kinders sal ’n kans vat. As hulle nie weet nie, sal hulle probeer. Nie waar nie? Hulle's nie bang
om verkeerd te wees nie. Ek bedoel nie dat verkeerd wees
en kreatief wees dieselfde is nie. Maar as jy nie bereid is
om verkeerd te wees nie, sal jy nooit
iets oorspronklik uitdink nie — as jy nie bereid is
om verkeerd te wees nie. Teen die tyd wat hulle groot is,
het meeste kinders dié kapasiteit verloor. Hulle word bang om verkeerd te wees. En ons bestuur ons maatskappye so. Ons stigmatiseer foute. En nou bedryf ons
nasionale opvoedingstelsels waar foute die ergste ding is
wat ’n mens kan maak. En die gevolg is dat ons mense uit
hulle kreatiewe kapasiteite uit opvoed. Picasso het gesê dat alle kinders
gebore kunstenaars is. Die probleem is om een te bly
soos ons grootword. Ek glo vas:
Ons groei nie in kreatiwiteit in nie, ons groei uit dit uit. Of ons word uit dit uit opgevoed. So hoekom is dit so? Ek't tot vyf jaar gelede
op Stratford-op-Avon gewoon. Ons't van Stratford na Los Angeles getrek. So julle kan julle indink
wat ’n seepgladde oorgang dit was. (Gelag) Eintlik het ons in Snitterfield gewoon, net buite Stratford, en dis waar Shakespeare se pa gebore is. Is julle getref deur ’n nuwe gedagte?
Ek is. Mens dink nie aan Shakespeare
as iemand met ’n pa nie. Want mens dink nie
aan Shakespeare as ’n kind nie. Shakespeare op sewe? Nooit nie. Hy was tog op ’n kol sewe. In iemand se Engelse klas. (Gelag) Hoe irriterend moet dit nie wees nie? (Gelag) "Moet harder probeer." (Gelag) Word bed toe gestuur deur sy pa,
"Klim in die bed, nou! "Een sit neer daai potlood." (Gelag) "En hou op om so te praat." (Gelag) "Dit verwar almal." (Gelag) In elk geval, ons't getrek
van Statford na Los Angeles, en ek wil net iets sê oor die oorgang. My seun wou nie kom nie. Ek't twee kinders.
Hy's nou 21; my dogter is 16. Hy wou nie Los Angeles toe kom nie. Hy was mal daaroor,
maar hy't ’n meisie in Engeland gehad. Die liefde van sy lewe, Sarah. Hy't haar al ’n maand geken. (Gelag) Maar hulle't al vier herdenkings gevier, want dis ’n lang tyd op 16. Hy was ontsteld op die vlug, hy't gesê: "Ek sal nooit weer
’n meisie soos Sarah kry nie." Ons was nogals opgemaak daaroor,
om die waarheid te sê — (Gelag) Sy was die hoofrede hoekom ons landuit is. (Gelag) Maar iets tref jou
wanneer jy Amerika toe trek en om die wêreld reis: Elke opvoedingstelsel op aarde
het dieselfde hiërargie van vakke. Elke een. Jy sou dink dis anders, maar nee. Heel bo is wiskunde en tale, dan die wysbegeerte,
en heel onder is die kunste. Orals op aarde. En in min of meer elke stelsel
is daar ook ’n hiërargie binne die kunste Kuns en musiek kry gewoonlik
’n hoër status in skole as drama en dans. Daar's geen opvoedingstelsel wat dans elke dag vir kinders leer soos ons vir hulle wiskunde leer nie.
Hoekom? Hoekom nie? Ek dink dis nogal belangrik. Wiskunde is belangrik,
maar dans is ook. Kinders dans baie as hulle mag,
ons almal doen dit. Ons het almal liggame, of hoe?
Het ek ’n vergadering misgeloop? (Gelag) Wat waarlik gebeur is,
soos kinders grootword, begin ons hulle geleidelik
van die middellyf af boontoe opvoed. En dan fokus ons op hulle koppe. En effens na een kant toe. As jy opvoeding sou besoek,
as ’n ruimtewese, en sê: "Waarvoor is openbare opvoeding?" sou jy moes aflei
— as jy kyk na die uitset, wie behaal sukses hierdeur, wie doen alles wat hulle moet, wie kry al die "brownie points",
wie is die wenners — sou jy moes aflei
dat die hele doel van openbare opvoeding regoor die wêreld is om universiteitsprofessors te lewer. Of hoe? Hulle's die mense wat bo uitkom. En ek was een, so vat so. (Gelag) En ek hou van hulle,
maar julle weet, ons moet hulle nie as die hoogtepunt van alle prestasie voorhou nie. Hulle's net ’n vorm van lewe, nog ’n vorm van lewe. Maar hulle's nogal vreemd,
en ek sê dit uit toegeneentheid. Daar's iets vreemd omtrent hulle
in my ervaring — nie almal nie, maar tipies,
lewe hulle in hul koppe. Hulle lewe daar bo,
en effens na een kant toe. Hulle's ontliggaam, julle weet,
op ’n soortvan letterlike manier. Hulle sien hul liggame
as ’n vervoermiddel vir hul koppe. (Gelag) Of hoe? Dis ’n manier om hulle koppe
by vergaderings te kry. (Gelag) As julle ware bewys soek
van buiteliggaamlike ervarings, besoek ’n residensiële konferensie
van senior akademici, en maak ’n draai by die sokkie
op die laaste aand. (Gelag) En daar sal julle dit sien. Volwasse mans en vroue
wat ritmeloos wriemel. (Gelag) In afwagting van die einde
om tuis ’n artikel daaroor te gaan skryf. (Gelag) Ons opvoedingstelsel berus op die idee
van akademiese vaardigheid. En daar's ’n rede daarvoor. Regoor die wêreld was daar
geen openbare opvoedingstelsels voor die 19de eeu nie. Hulle't almal moes in die behoeftes
van industrialisme voorsien. Die hierargie is gewortel in twee idees. Een, dat die mees nuttige vakke
vir werk heel bo is. So op skool is jy waarskynlik
goedgunstiglik van goed waarvan jy gehou het weggestuur, op grond daarvan dat jy nooit
’n werk daardeur sou kry nie. Nè? Nie musiek nie,
jy sal nie ’n musikant word nie; nie kuns nie,
jy sal nie ’n kunstenaar word nie. Goedgunstige advies —
nou, uiters verkeerd. Die hele wêreld is verswelg
in ’n rewolusie. En die tweede is akademiese vaardigheid, wat ons idee
van intelligensie oorskadu, omdat die universiteite die stelsel
na hul eie beeld ontwerp het. Die hele stelsel regoor die wêreld is ’n uitgerekte proses
van universiteitstoelating. En die gevolg is dat
baie uiters talentvolle, briljante, kreatiewe mense
dink dat hulle nie is nie, omdat dit waarin
hulle goed was op skool nie waardeer is nie,
of selfs gestigmatiseer is. En ons kan bekostig
om so voort te gaan nie. In die volgende 30 jaar, volgens UNESCO, gaan meer mense wêreldwyd
deur opvoeding gradueer as sedert die begin van geskiedenis. En dis die kombinasie
van al ons temas — tegnologie en hoe dit
werk getransformeer het, en demografie
en die massiewe bevolkingsontploffing. Skielik is grade niks werd nie. Nie waar nie? Toe ek ’n student was,
het jy met ’n graad ’n werk gehad. As jy nie ’n werk gehad het nie,
wou jy nie een hê nie. En ek wou nie een hê nie,
om die waarheid te sê. (Gelag) Maar deesdae is kinders met grade gereeld oppad huis toe om verder
te gaan TV speletjies speel, omdat jy ’n MA nodig het
waar ’n BA voorheen voldoende was, en ’n PhD vir die volgende een. Dis ’n proses van akademiese inflasie. Die hele struktuur van opvoeding is besig om onder ons te skuif. Ons moet ons siening
van intelligensie hersien. Ons weet drie dinge. Een, dis divers. Ons dink oor die wêreld op al die maniere
wat ons dit ervaar. Ons dink visueel, ons dink in klank,
ons dink kineties. Ons dink in abstrakte terme,
ons dink in beweging. Tweedens, intelligensie is dinamies. Kyk na die interaksies
van ’n menslike brein: soos ons gister tydens
heelwat aanbiedings gehoor het, is intelligensie wonderlik interaktief. Die brein is nie opgedeel
in kompartemente nie. Inderwaarheid, is kreatiwiteit — wat ek definieer as die proses
van oorspronklike idees met waarde hê — gewoonlik iets wat gebeur
deur die interaksie van verskillende maniere van dinge sien. Daar's ’n senuweebundel wat
die twee helftes van die brein verbind: die corpus callosum. Dis dikker by vroue. Om aan te sluit by Helen gister: Dis waarskynlik hoekom vroue
beter is met "multi-tasking". Want julle is mos, nè? Daar's baie navorsing,
maar ek ervaar dit persoonlik. As my vrou tuis iets kook —
nie gereeld nie, dankie tog. (Gelag) Nee, sy het talente —
maar as sy kook, hanteer sy foonoproepe, praat sy met die kinders,
verf sy die plafon. Sy doen ’n oophart-operasie hier. As ek kook, is die deur toe,
die kinders is uit, die foon is op die mik,
as sy inkom raak ek geïrriteerd. Ek sê: "Terry, asseblief,
ek probeer ’n eier bak hier." (Gelag) "Gee my tog ’n kans." (Gelag) Ken julle daai ou filosofiese ding, as ’n boom in die bos val
en niemand hoor dit nie, het dit gebeur? Onthou julle daai ou sê-ding? Ek't onlangs ’n goeie T-hemp gesien: "As ’n man homself uitspreek in ’n bos,
en geen vrou hoor hom nie, is hy steeds verkeerd?" (Gelag) En die derde ding omtrent intelligensie is, dis spesifiek. Ek skryf tans aan ’n nuwe boek
— "Epiphany" — gebaseer op ’n reeks onderhoude met mense oor hoe hulle hul talent ontdek het. Dis fassinerend hoe mense
daar uitgekom het. Dis aangespoor deur ’n gesprek
met ’n wonderlike vrou wat baie mense nie ken nie,
Gillian Lynne. Al gehoor? Sommige het. Sy's ’n choreograaf;
almal ken haar werk. Sy't "Cats" en
"Phantom of the Opera" gedoen. Sy's wonderlik. Ek was van te vore raadslid
van die Koninklike Ballet, soos julle kan sien. Ek't haar eendag gevra: "Gillian, hoe't jy ’n danser geword?" Dit was interessant. Toe sy op skool was,
was sy rêrig hopeloos. En die skool, in die 30's,
skryf toe vir haar ouers: "Ons dink Gillian het ’n leerprobleem." Sy kon nie konsentreer nie,
sy't gevroetel. Ek dink deesdae sou hulle sê sy't AGHS.
Sou julle nie ook nie? Maar dit was die 1930's,
en aandagafleibaarheid was nog nie ’n beskikbare kwaal nie. (Gelag) Mense was nie bewus
hulle kon daaraan ly nie. (Gelag) In elk geval,
sy gaan sien toe ’n spesialis. So sy's in ’n eikepaneel kamer met haar ma en sy't op ’n stoel se punt gaan sit, op haar hande vir 20 minute,
terwyl die man met haar ma praat oor al die probleme
wat Gillian by die skool het. Want sy't ander ontwrig;
huiswerk altyd laat; ens. — kleine kind van agt. Op die ou end, gaan sit die dokter
langs Gillian en sê: "Gillian, ek't nou geluister
na alles wat jou ma my vertel het, nou moet ek privaat met haar gesels. "Wag hier, ons is nou-nou terug." En hulle't haar daar gelos. Maar soos hulle uitgegaan het, het hy die radio op sy lessenaar aangesit. En toe hulle uit is, sê hy vir haar ma:
"Hou haar net dop." En die oomblik toe hulle uit is, was sy op haar voete,
bewegend op die maat van die musiek. Hulle't vir ’n paar minute gekyk
en toe sê hy vir haar ma: "Mev. Lynne, Gillian is nie siek nie;
sy's ’n danser. "Neem haar na ’n dansskool toe." Ek vra: "En toe?" "Sy het. Ek kan nie vir jou sê
hoe wonderlik dit was nie. "Ons't in ’n kamer ingeloop
en dit was vol mense soos ek. "Mense wat nie kon stilsit nie. "Mense wat moes beweeg om te dink." Hulle't ballet gedoen, en tap, jazz
en moderne en kontemporêre dans. Sy't vir die Koninklike Ballet
oudisie gedoen; ’n solois geword;
’n wonderlike loopbaan daar gehad. Sy't gegradueer
van die Koninklike Balletskool, die Gillian Lynne Dance Company gestig, en Andrew Lloyd Weber ontmoet. Sy's verantwoordelik vir van die suksesvolste
musikale teater produksies ooit, sy't al aan miljoene plesier gegee,
en sy's ’n multi-millionêr. Iemand anders het haar dalk
op medikasie gesit en gesê om te kalmeer. (Applous) Waarop dit neerkom is dit: Al Gore het die ander aand gepraat oor ekologie en die rewolusie
wat ontketen is deur Rachel Carson. Ek glo ons enigste hoop vir die toekoms is om ’n nuwe idee van menslike ekologie
aan te neem, een waarin ons begin om ons konsep van menslike kapasiteit
se rykdom te hersien. Ons opvoedingstelsel het ons breine gemyn soos ons die aarde stroopmyn:
vir ’n spesifieke kommoditeit. En vir die toekoms,
sal dit ons nie dien nie. Ons moet die fundamentele beginsels waarmee ons ons kinders opvoed,
heroorweeg. Jonas Salk het gesê: "As al die insekte
van die aarde af sou verdwyn, sou alle lewe op aarde
binne 50 jaar uitsterf. "As al die mense
van die aarde af sou verdwyn, sou alle vorms van lewe
binne 50 jaar floreer." En hy's reg. Wat TED vier is die skat
van die menselike verbeeldingsin. Ons moet nou versigtig wees dat ons dit met wysheid gebruik en dat ons van die senarios vermy
waaroor ons gepraat het. En die enigste manier
is om ons kreatiewe kapasiteite te sien vir die rykdom wat hulle is en ons kinders te sien
vir die hoop wat hulle is. Ons opdrag is om
hulle hele wese op te voed, om hierdie toekoms te kan trotseer. Ons sien dalk nie
hierdie toekoms nie, maar hulle sal. En ons plig is om hulle te help
om iets daarvan te maak. Baie dankie. (Applous)

28 thoughts on “Do schools kill creativity? | Sir Ken Robinson

  1. All the schools care about now is image. All they talk about is college college college.. as if you are a failure in the World if you don’t go. Kids today are so stressed out and depressed. Homeschooling and Montessori education is becoming more and more unique and keeps the brain creative. I think teachers do the best they can at times, but its all about the State testing

  2. Wil maar net dankie sê vir die persoon wat Afrikaanse subtitles by gevoeg het, alhoewel ek ook vlot in Engels is, glo ek daar is die wat dit sal waardeer 😁👍🏻

  3. Everyone thinks it's video games that ruins our creativity. No, it's school that ruins it. I narely get enough sleep I don't remember anything I learned at school. I don't have time to exercise or have fun with friends. I lost creativity because of school in fact, I'm more creative on games. If School causes depression because of bullies and stress, then why haven't we gotten rid of it? I used to get bullied at school and I hated it. But were missing another thing, what about sleep? Teenagers are supposed to get 8- 10 hours of sleep per day but most of the time teens don't get that. I cannot go to sleep at 9 pm without waking up through the night. What about family time? Only 2 days? Since teachers assign pages of homework, we have loss time to spend with our family and our pets. The fact that we only get 2 days off from school, and teachers assign us homework over the weekend is just crap. Presentations? Don't get me started on those, no one realizes but we present all the time. We present when we talk to friends and when teachers pressure us with a 10 minute speech in front of 200 kids then you get so stressed and worried. Life? Does school really teach us how to live? No, it doesn't after you graduate High school you don't know what to do. Not everyone can afford college and not everyone wants to go to college. After you graduate high school your basically stuck you gotta try to find the perfect job look for a house. Some schools don't do extra classes like cooking sewing so then you don't know how to do that either. School is one of the main reasons why most kids are depressed and stressed. But no one will end it. If someone does end school then I will be the happiest person on earth.

  4. 100% they do. And when I got to med school i realized I would fail if i couldn't suppress my curiosity and passion. So I took my ADHD medication and "poof" my creativity, curiousity, and sense of humor vanished and i became a wonderful student able to regurgitate endless factoids.

  5. Kill creativity? They, including Universities, kill intelligence. The output from the education system is abject stupidity and conformity.

  6. The "human brain" is one of the best gift of "evolution", creativity shaped the structure of our brain becoming larger and more complex.
    "we truly are amazing"

  7. I wish high school maths wasn’t about algebra and fractions yet they don’t teach us how to pay our taxes, budget for money and other things you need in every day life once you leave school

  8. There is something that everyone overlooks, history. I have no doubt that to many the way that our schools operate seem to kill creativity, but I ask you to consider this. During the time period of the 13th through the 18th centuries schools taught a course of religious based dogma and suppressed creative thought, requiring the word by word copying of "sacred" texts. Deviation often came at the cost of lives, but still the creativity and explosion of knowledge that occurred during periods in this era are for lack of other words, astounding.

    It is easy to point an accusing finger at someone that another wants you to do exactly that, but you do so based on your own ignorance and at the agenda of someone else

    When I was a child, if I did something wrong at school, I additionally had to answer for it at home. Now, the first thing that comes to current parents minds is to take the teacher to task. We have bad teachers now and we had them then, I can give you names, but it was more important that we learned the way to learn and not have data handed to us.

    Parents now seen to think that it is the teachers responsibility to insure learning, it is not, it is the child's and this can only come from the example set by the parents.. If schools kill creativity, the parents are loading the weapons…

  9. You might be interested in a book Margaret McMillan wrote in 1903: eduation through the imagination. She was the first who determined the place and function in primary education. I wonder why people that talk about education and imagination hardly refer to her.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *